.png)

Neo-Spektrum is sedert 2015 by Attie van Wyk Primêre Skool met liefde betrokke. Dit is ‘n skool waar kinders van werkende ouers in die Durbanville-omgewing skoolgaan. Dit is geleë in Adderleyweg (M58) net verby Diemersdal buite Durbanville.
Geen skoolgeld word van die ouers ingevorder nie en die skool se inkomste word in totaal vanaf die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verkry. Dit is egter nie genoeg om al die basiese behoeftes te dek nie. Die School Feeding Scheme verskaf een tot twee etes per dag aan elke leerder.
Neo-Spektrum wou graag by ‘n skool betrokke raak waar daar wesenlike behoeftes is en waar Neo-Spektrum ‘n verskil kan maak.
Neo-Spektrum het na ‘n ondersoek uiteindelik besluit om by Attie van Wyk Primêr betrokke te raak, want hulle behoeftes en uitdagings is groot. Dit het daartoe gelei dat Neo-Spektrum sedert 2015 by Attie van Wyk PS betrokke geraak het.
Verskeie ander instansies ondersteun ook die skool. Daar is ‘n verskeidenheid projekte wat deur Neo-Spektrum en hierdie instansies aangepak word. Dit sluit in die verbetering van die terrein.
Deur die hulp van Neo-Spektrum is ‘n bouplan vir die verbetering van die kantoorarea opgestel. Aanvanklik was daar nie fondse nie, maar deur ‘n skenking kon dit gebou word. Hulle betree die nuwe area in Januarie 2024.
Daar is groot dankbaarheid dat Neo-Spektrum ‘n leerkrag, ‘n klashulp en sportfasiliteerder se salarisse betaal. Neo-Spektrum is trots om Attie van Wyk PS op hierdie wyse te ondersteun.
Hierdie tipe ondersteuning help, maar die behoeftes by Attie van Wyk bly steeds astronomies. Bykomende hulp word steeds verlang, want die ouers (en dus ook die skool) het werklik ondersteuning nodig. ‘n Netbalbaan wat opgeknap is, is die skool se enigste sportfasiliteit.
Vir meer inligting skakel asseblief:
Edward Smuts
082 788 1824
ed56chris@gmail.com)
KONTAK ONS
By Neo-Spektrum glo ons in die krag van ware konneksie. Kontak ons gerus vir enige navrae, ondersteuning, of om deel te word van ons groeiende gemeenskap.
MAAK 'N verskil
By Neo-Spektrum glo ons dat liefde dade moet word.
Jou bydrae help ons om 'n wesenlike verskil te maak by Attie van Wyk Primêr deur personeelsalarisse te betaal, fasiliteite te verbeter en hoërskoolbeurse aan belowende leerders te bied. Ons ondersteun ook gesinne in finansiële nood.
Saam gee ons hoop, skep geleenthede en bou aan 'n beter toekoms.
R 0 raised
0 donations
0%
Bedrag
R 20
R 50
R 100
R 200
Other
0/100
Comment (optional)
R 0 raised
0 donations
0%
Bedrag
R 20
R 50
R 100
R 200
Other
0/100
Comment (optional)
MAAK 'N verskil
By Neo-Spektrum glo ons dat liefde dade moet word.
Jou bydrae help ons om 'n wesenlike verskil te maak by Attie van Wyk Primêr deur personeelsalarisse te betaal, fasiliteite te verbeter en hoërskoolbeurse aan belowende leerders te bied. Ons ondersteun ook gesinne in finansiële nood.
Saam gee ons hoop, skep geleenthede en bou aan 'n beter toekoms.