Emmanuel: Liefde in Aksie
Potgooi:
https://neospektrum.co.za/wp-content/uploads/2024/11/2024-11-27.mp3
“A poet’s job is to make people feel intensely, to reflect the human condition, and to bring truth to the surface of understanding.”— Maya Angelou —
Daar is by my ʼn diep hartseer met die dood van Breyten Breytenbach, asof dit die afsterf van ʼn geliefde familielid is. Ek het die voorreg gehad om hom te ken en by verskeie geleenthede met hom te kon gesels waarby ons albei ʼn liefde gedeel het vir ons taal en kultuur.
Ek kon myself vereenselwig met sy mens- en wêreldbeskouing wat weerspieël is in sy digkuns wat voortdurend omgaan met diep geestelike en eksistensiële verkenning oor die aard van ons bestaan, menslike lyding, en die soeke na sin en betekenis.
Ons het beide ʼn groot liefde gedeel vir die mistiek en filosofie, waarby ons een aand op die stoep van die Queen’s Hotel op Oudshoorn tydens KKNK kon gesels het tot die nag se whiskey ons gevat het na die dagbreek se koffie.
Breyten is gebore op 16 September 1939 in Bonnievale. Na sy studie in die kunste aan die Universiteit van Kaapstad het hy sy pad na Europa gevind. In Parys sou hy sy vrou Yolande (van Viëtnamese afkoms) ontmoet. As gevolg van die Apartheid regime was sy huwelik met haar nie geldig in ons land nie, en strafbaar deur die wet.
Sy politieke aktivisme was ʼn rebellie teenoor enige wet wat die menswaardigheid en vryheid van iemand ontneem bloot op grond van ras.
Hy was ʼn deel van die ‘Sestiger’ groep digters wat ingesluit het Ingrid Jonker, Etienne Leroux, Jan Rabie, en Adam Small wat 'n nuwe literêre era ingelui het deur progressiewe en uitdagende idees oor taal, politiek, en kuns wat in die voetspore van Opperman en Van Wyk Louw gevolg het.
Hy skryf:
ek getuig, net hy wie se hart bewevan liefde vir die medemensmensesal méns kan weesnet hy wat vuriglik méér vir hulleas vir homself wil beding…vryheid, vrede, waardigheidnet hy wat die lewe as heiligerbeskou dan sy geloof en sy gode —ek getuig slegs hy wat onverpoosddie haat in hom en om hom bestrysal méns kan weesslegs hy wat hom afvrawanneer sy oë oopgaan op die môrewat gaan ek vandag doenom te sorg ek behou my waarde en trotsas méns?
In 1975 is hy gearresteer, aangekla van “terrorisme,” en tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Hy het byna sewe jaar daarvan uitgedien. Sy boek “The True Confessions of an Albino Terrorist” (1983) beskryf sy gevangenisskap en die trauma van politieke onderdrukking. Hy het meer as 30 digbundels gepubliseer, asook verskeie kunsuitstallings gedoen.
In sy leeftyd sou hy meer as twee dosyn Literêre Toekennings ontvang waaronder vier keer die Hertzog Prys en vyf keer die CNA Toekenning vir Letterkunde, asook die gesogte Ordre des Arts et des Lettres (Order of Arts and Letters) wat Frankryk se hoogste kulturele toekenning is.
Jy hoef nie met sy politieke siening of affiliasie saam te stem nie maar jy moet toegee dat sy bydra tot ons literêre skatkis van onskatbare waarde is.
Die laaste keer wat ons mekaar gesien het, was toe ons spontaan in mekaar vasgeloop het by Den Anker in die Waterfront. Hy het my aan sy gas voorgestel as “'n Boheemse gatskopper vir wie die kerk nie kon plek maak nie.” Ek het dit as ʼn reuse kompliment gesien.
Ons het gesels oor HOOP in moeilike tye, en gepraat oor wat dit beteken om in die TEENWOORDIGHEID van die oomblik te leef. Ek onthou soos gister hoe hy gesê het, “God is 'n werkwoord van liefde in aksie.”
Lees ek gister weer hierdie roerende gedig van hom:
wanneer ek die dag nie meer daar is niemoet julle goed omsien na sonen hemel om lig te gee op donker paaie,sorg dat die heuwels natgelei wordmet mildelike reentsodat valleie mag baat by die klammigheid van leween die hange blink mag glinster,maak tog seker niks loop verkeerd nie:sit sneeu opsy vir die wintersodat elke seisoen op sy tyd kan witvir blom en akkedis en sidderende bergpieke,moenie skrik vir die rou fluite van spookvoëlshelder oordag in die melkhout wanneer hulle roep na materswie se vlerke aan kruismaste gespyker is as roulinte nie,vertroetel verder die mensdomaan die borsen onthou om vir Maandag na die Dinsdagvan die vorige week te laat komsodat ritmes erken en eerbiedig mag word,onthou ook om die kinders aan die lag te kryveral net voor slapenstyd.Ek het my kant gebringek wil net die versekering hê, kamerade,dat neem en gee veilig sal gedyin julle hande.
Kom ons sluit ons jaar af en gesels Desember oor die tema — EMMANUEL: Liefde in Aksie. (Emmanuel beteken: God (is) met ons).
Ons kan Sondag begin deur te praat oor: Emmanuel is die belofte dat God is met ons in —
die LIEFDE wat manifesteer as die grootste geskenk
van VREUGDE se gee en omgee want
Kersfees is die fees van LIG (kerse) wat
VREDE op aarde bring in die herstel van gebroke verhoudings.
Kom ons maak hierdie jaar se Kersfees die mooiste, beste geskenk vir mekaar.
Met liefde
GEDAGTE VIR DIE WEEK
mag daar altyd 'n lig brand in julle huismag die paddas julle onthoumag die appels aljaar soeter worden die druiweprieël groener.mag julle vriende wyn saambring vir die kuier.mag die huis wat julle betrek, deurtrek blyvan die geur van sederhout en malvablaremag die walle van julle slote nie te gou inkalween instort niesodat die water nog helderder daarin kan vloeimag die sterre en die berg en die stilteoor julle en julle gesin bly waaknou en môre en môre se aanden elke van daardie dae se nag.― Breyten Breytenbach ―
.png)




