Surprised by Joy IV
24 Februarie 2021
“If you carry joy in your heart,you can heal any moment.”
― Carlos Santana —
Vir solank as wat ek kan onthou, is ek aangetrokke tot die mistiek. My nuuskierigheid oor die skepping in die algemeen en in besonder ons plek daarin; hoe die liefde sy pad vind tussen twee mense; hoe ʼn embrio ʼn baba word; hoe Beethoven kon komponeer as hy nie kon hoor nie; en hoe die swaeltjies hul pad terugvind na dieselfde nes.
In meer as een opsig het ek nog altyd aan myself gedink as ʼn mystic … altyd in verwondering oor die Groot Misterie, om dinge in hul geheel te sien, om die verband/eenheid tussen alles te verstaan. ʼn Mystic is nie iemand met sy kop in die wolke nie, nee — h/sy staan met sy voete op die grond om daar die onnoembare te sien, te hoor, te ruik, te proe, en te voel.
Vir duisende jare is die mens op soek na ʼn ken en verstaan van die Groot Misterie — some call it Ultimate Reality, Truth, Universe, Life, Energy — of soos ek dit noem, GOD. My spiritualiteit is ook niks anders nie as ʼn deurleefde ervaring van hierdie konneksie tussen alles. Die wisselwerking tussen alles en wat dit beteken om ten volle Mens te wees. GOD is, en was, nog altyd groter as my teologie, groter as ons wetenskap, groter as my weet en ken en verstaan.
ʼn Ander groot verwondering in my lewe is hoe ʼn pad my altyd raakloop as ek verdwaal en verlore voel. Die laaste maand is my gemoed swaar. Die woord wat keer op keer oor my lippe spoel, is ‘oorweldig’ — I feel overwhelmed by grief and loss, sadness and sorrow.
Ná ʼn jaar van soveel onsekerheid en hartseer, soveel mense na aan my wat dood is, soveel ander wat roep om hulp en ondersteuning, moes ek myself weer en weer en nog ʼn keer vra: waar vind ek weer my vreugde?
Die reis in Februarie was daarom my eie soeke na heling (i.e. healing and wholeness) om weer te kan sê: SURPRISED BY JOY.
Ek sukkel nog met die vertaling van die woord JOY … want dis meer as ‘vreugde’ en dieper as blydskap of welbehae. Ek ken geen drawwers wat vir jou gaan sê dat iemand HAPPY is om ʼn maraton te hardloop nie en tog is daar ʼn JOY waarmee hulle dit doen. Net so ken ek geen ma wat vir jou gaan sê dat dit ʼn HAPPY ervaring is om geboorte te gee nie en tog getuig elke moeder (en pa) van ʼn GODDELIKE JOY waarmee hul kind in die wêreld gekom het.
Wat het ons hierdie maand geleer oor die begrip ‘JOY’ …?
JOY is om bewus te wees van die teenwoordigheid van God.
JOY is wat ons voel in die oomblik. Dit is nie iets in gister of môre nie, but in BEING right here and now.
JOY maak dat ons anders na onsself, ons ewemens, en God kyk, en omdat ons anders daarna kyk, kan ons anders daarop reageer.
JOY is found in meaningfulness and meaningfulness gives birth to joy.
JOY is breathing with the heart.
Stu Krieger verwoord dit mooi as hy sê —
“Joy is to feel inspired, enthused, and moved … joy is when you celebrate the gift that is your life.”
Die woord ‘aesthetic’ in Grieks beteken letterlik: I feel, I sense, I perceive.
Sluit jou oë en dink vir ʼn oomblik oor wat is die goed wat vir jou die sensasie van JOY gee. Vir my is dit alles wat esteties is, soos ʼn sproeier waardeur ʼn kind hardloop; ʼn reënboog; bergpieke; ʼn katedraal; ʼn vleuelklavier; vuurwerke (solank dit ver van enige dier is); die reuk van reën en druppels op jou vel; die volmaan al sou sy my water roer die dae voor sy volrond in die hemel hang; daai oomblik as die son oor die berge knipoog; kerse om ʼn warm bad.
JOY is hidden all around us, all the time, and repeats itself again and again.
JOY is all about courage, contribution, and community.
JOY means survival. Joyful things make us feel alive.
JOY is to experience grace and blessings and to allow kindness to flow through us.
JOY reshapes and reframes the events of my life, even the bad, mad and sad things.
So, hoe vind ek weer my Goddelike Vreugde?
ONLY GRATITUDEWILL GIVE US JOY!
We cannot talk about JOY and not talk about gratitude.
As jy oorrompel voel deur emosies van verlore, verwonding, weerloos-, en onsekerheid dan is dit weer tyd om ʼn lang, eerlike gesprek met jouself te hê oor alles waarvoor jy dankbaar is, vir alles waarvoor jy waardering het. Hoe kan ons omring wees deur als wat mooi en goed is, en nie die oorvloed daarvan sien nie?
“Life is made of moments. Choose to create and collect the joyful ones.” — het Nataly Kogan gesê.
Maak dit ʼn wilsbesluit om vandag bewus te wees hoe JOY oorvol, oorgenoeg, oorloop in jou lewe.
Dan sal dit regtig, regtig ʼn goeie dag wees.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Joy is the realest reality,the fullest life,and joy is always given,never grasped.”
― Ann Voskamp ―
'n Paar belangrike skakels om te besoek:
YouTube — https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw/videos
SomerFees - https://neospektrum.co.za/wp-content/uploads/2020/12/somerfees_20201114.pdf
Sirkelflitse - https://neospektrum.co.za/wp-content/uploads/2020/12/Sirkelflitse-1-2021.pdf
Jaarprogram - https://neospektrum.co.za/jaarprogram/
Neo-Spektrum Byeenkomste
Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel7 Biccard Straat Durbanville
Die eerste 50 wat kom kry 'n sitplek
.png)




